BlogsEditor's noteOpinion

In die Kollig

Leer Bianca Birnie ken.

Bianca Birnie (35) het haar oog op die Mrs Africa kroon. Sy is getroud met Hedley en het twee stiefseuns, Cameron (27) en Jason (26).

• Wat het jou laat besluit om vir die Mrs Africa kompetisie in te skryf?

Mrs Africa is baie betrokke by liefdadigheid en liefdadigheid is soos my tweede naam. Ek is mal daaroor om ander mense te help.

• Hoeveel finaliste is daar?

Daar is 40 finaliste.

• Wanneer en waar vind die kroning plaas?

Dit sal aan die begin van Desember wees (die presiese datum moet nog vasgestel word) en dit vind in Gauteng plaas (die plek moet nog bevestig word).

• Wat word van jou verwag as finalis?

Ek moet kontant insamel. Daar word van die finaliste verwag om ’n minimum van 30 Dignity Dreams Packs te borg. Die Dignity Dreams Packs bestaan uit wasbare sanitêre items, wat onder minder bevoorregte meisies en vroue versprei sal word. Baie jong meisies bly uit die skool uit wanneer hulle menstrueer, omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie. Die doel van die projek is onder meer om meisies in skole te hou gedurende dié tydperk.

• Vertel meer van die modelskool wat jy besit.

Ek het die HmH Model- en Afrondingskool in 1999 op die been gebring. Ek bied ook vir twee kinderhuise in Brakpan gratis klasse aan en dit is my manier om terug te ploeg vir alles wat ek al ontvang het. Die doel van HmH Model- en Afrondingskool is om seuns en meisies se selfvertroue te versterk en hulle te leer om respek vir ander te hê. En om kind te bly solank as wat hulle kan.

• Hoe lyk ’n tipiese dag in jou lewe?

In die oggende is ek gewoonlik maar doenig by die huis, met die gewone take. In die middae gee ek klas. Ek bied klasse in Springs, Brakpan, Nigel en Boksburg aan.

• Wat laat jou in die nag wakker lê?

Al wanneer ek wakker lê is wanneer ’n groot modelfunksie voorlê. Die voorbereiding daarvoor maal gewoonlik deur my kop.

• Wat maak jou gelukkig?

My man maak my gelukkig en om vir ander iets goeds te doen.

• Wat is jou gunsteling gereg?

Sushi, maar ek eet dit hopeloos te min.

• Waar hou jy graag vakansie en hoekom?

Definitief in die bos. Dit is rustig en ek is mal oor diere.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button