BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer Danie Binneman ken.

Danie Binneman (56) is die skakelbeampte van die Ekurhuleni Veerpyltjie Assosiasie (Ekurhuleni Darts Association). Hy is met Suzette Binneman (35) getroud en hy woon die afgelope 28 jaar in Brakpan.

•Hoe lank is jy reeds die skakelbeampte van die Ekurhuleni Veerpyltjie Assosiasie?

Vir die afgelope drie jaar.

•Wat behels jou pligte?

Ek is betrokke by die bemarking van veerpyltjies as ‘n sport vir almal in Ekurhuleni. Ek reël ook fondsinsamelingsprojekte. Ek werk hand aan hand met die huidige president, Hans Viljoen, om die sport bekostigbaar te hou sodat almal wat belangstel ook kan speel.

•Wanneer het jy begin veerpyltjies speel?

So drie en ‘n half jaar gelede.

•Neem jy self aan kompetisies deel en het jy al belangrike toernooie gewen?

Ek neem wel aan kompetisies deel en was gelukkig om Ekhurhuleni in 2015 by die SA`s toernooi te verteenwoordig. Ongelukkig ontwyk die grote my nog, maar soos hulle sê: “Practise makes perfect”.

•Mense is geneig om die sport met ‘n gedrinkery te assosieer. Hoe voel jy daaroor?

Ongelukkig is daar in alle sportsoorte die faset van “kuiery”. Maar waar daar streng dissipline toegepas word (in ons geval, afhangend van die toernooi direkteur) kry `n mens gewoonlik positiewe resultate.

•Beoefen jou vrou ook die sport?

Ek dink ons twee kinders, Stefni (12) en Ruan (5) hou haar besig genoeg.

•Hoeveel stelle veerpyltjies besit jy?

Ek besit drie goeie stelle. Die stel waarmee ek 99 persent van die tyd speel is S500 Phil Taylor 26gram.

•Is dit ‘n duur sportsoort om te beoefen?

Soos elke sport is daar `n sekere finansiële uitleg wat gedoen moet word om te begin. Net soos daar duur veerpyltjies is, is daar ook goedkoop veerpyltjies vir die beginners. Ons probeer die kostes, om die sport te beoefen, so laag as moontlik hou.

•Het jy ander belangstellings?

Ek skilder, speel graag gholf en hou van kamp. Dit is vir my lekker om wandelroetes saam met my gesin te stap.

•Wie is jou gunsteling sportman of -vrou en waarom?

Ek moet se Phil Taylor (wêreldkampioen in veerpyltjies). Hy bly beskeie ongeag van sy prestasies en gaan uit om die sport te bevorder waar hy ookal speel.

•As jy enige land kan besoek, watter land sal dit wees en hoekom?

Definitief Japan. Die streng lewensstandaard en dissipline is noemenswaardig. Hul is ook gefokus in hul optrede. Die natuurskoon in die buite wyke is iets om te aanskou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button