BlogsOpinion

In die kollig

Leer Daleen Visser ken.

Daleen Visser (51) is die nuwe skoolhoof van Felicitas Skool vir fisies- en verstandelik gestremde persone. Sy is die ma van drie dogters, Bianca (28), Elzette en Sané (beide 18), en een seun, Peet (31), en is getroud met Ben.

Hoe lank is jy al by Felicitas Skool?

Ek is al 29 jaar betrokke by Felicitas Skool. Ek het eers as ’n spraakterapeut en oudioloog gewerk vir 27 jaar. In 2014 was ek aangestel as die adjunkhoof. Ek het die pos beklee vir twee jaar en in 2016 is ek aangestel as die skoolhoof.

Wat wil jy graag bereik as skoolhoof van Felicitas?

’n Skool wat voldoen aan alle standaarde wat vereis word is een van my missies. Ek werk ook hard om Felicitas Skool een van die beste spesiale skole te maak.

Watter aspek van jou werk geniet jy die meeste?

Die interaksie met leerders op verskillende vlakke, byvoorbeeld in die klas, in terapie, in die koshuis, op of langs die sportveld en tydens kultuuraktiwiteite.

Hoe hanteer jy teleurstellings?

Ek glo ek het oor die jare geleer om teleurstellings te hanteer en ek dink ek hanteer dit goed. Ek probeer gewoonlik om iets negatiefs te verander in iets postitief.

Ek beskou ’n teleurstelling as iets wat verby is en dat jy niks daaraan kan verander nie. Ek sit teleurstellings agter my. Ek tob nie daaroor nie en gaan aan met die lewe.

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?

Ek geniet dit om enige handwerk te doen, naaldwerk of om te lees.

Watter vyf goed kan jy nie sonder klaarkom nie?

  • My godsdiens en Bybel
  • My gesin, familie en vriende
  • My honde
  • Warm water om in te bad of te stort
  • My tandeborsel

Wat is jou gunsteling dis om te eet?

Enigiets met kerrie in. “Spicy” kos is my gunsteling.

Waar is jou gunsteling vakansiebestemming?

Definitief Jeffreysbaai.

Lees ook:

Felicitas School expands CP classrooms

Related Articles

Back to top button