BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer Hoërskool Die Anker se gelukbringer “mascot” ken.

Hoërskool Die Anker se gelukbringer “mascot” word gereeld by funksies, sportbyeenkomste en ander geleenthede van die skool opgemerk. Die vriendelike karakter in sy kapteinsdrag steel harte oral waar hy gaan. Die Herald het met hom gaan gesels.

•Wat is jou naam?

Kaptein

•Hoe oud is jy?

Mmmmmm, ek is tydloos…

• Wat is jou pligte?

Ek moet die gees van die skool op standaard hou. Man, en as daar nou een ding is wat die leerders en onnies van hierdie skool het, is dit gees! Natuurlik moet ek myself ook geniet (om gees te vang by die skool en te spook by die ander).

• Wat is die snaakste voorval wat jy al beleef het?

Sommige laerskool kinders, veral die kleintjies, is bang vir my. Seker omdat ek so groot is. Ander “love” my weer. Hulle het al so aan my gehang dat ek my broek verloor het.

• Jy is groot. Het iemand jou al geboelie?

Jy kan mos sien ek is grooooot, niemand sien kans om my te boelie nie. Om te boelie is in elk geval nie “cool” nie.

• Wat maak jou bly?

Splinternuwe Ankers wat inskryf en die goeie gees in die skool. Die kinders se opgewondenheid as ek aankom, die trots waarmee hulle my ten toonstel — ek is deel van Die Anker se hartklop.

• Wat maak jou kwaad?

Mense wat sleg praat van my Anker-kinders en lelik praat van ander skole.

• Wat is jou gunsteling tydverdryf?

Om op my Facebook rond te speel en al die prestasies en mooi dinge wat in die skool gebeur met almal te deel.

• As jy drie mense kon nooi vir aandete, wie sal dit wees?

Sjoe, laat ek dink. Die provinsiale spanne se mascots … maar ek eet nie eintlik nie … en vir Jack Sparrow.

• As jy die land vir een dag kan regeer wat sal jy doen?

Ek sal die dag as ‘n Nasionale Kapteinsdag verklaar en die onderwysers se salarisse verhoog!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button