Matrieks is nou reg vir die toekoms

Skole haal uit en wys met matriek uitslae.

Matrikulante van die dorp se hoërskole het verlede Woensdag en Vrydag die uitslae vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen ontvang.

Hoërskool Stoffberg en Hoërskool die Anker se matrieks het hul uitslae Vrydag ontvang en die matrikulante, wat aan Sonneveld Akademie gematrikuleer het, se gewag was verlede Woensdag verby.

Hoërskool Die Anker se slaagsyfer vir 2022 het opgeskuif van 94% (in 2021) tot 98%.

Die Anker se waarnemende hoof Stephan Kilian sê die verbetering en goeie prestasie is te danke aan die harde werk van die onderwysers en die 260 matrieks.

“Ons is trots op die leerders wat ons naam uit dra,” het hy gesê hy oor die vier seuns wat tussen vier en ses onderskeidings behaal het.

“Covid het beslis ‘n impak gehad; as dit nie was vir Covid sou ons nog beter gedoen het.”

Anker se top presteerder is Victor Naudé met ses onderskeidings.

Divan du Plooy, JD Pretorius en Christiaan van Schalkwyk het elk met vier onderskeidings geslaag.

Daar was ook drie leerders met drie onderskeidings, ses met twee en 10 met een onderskeiding.

Die Hoërskool Stoffberg se matrikulante het ‘n slaagsyfer van 99% behaal.

Die top vyf presteerders was Zanri Greyling met vier onderskeidings, Fourie Jordaan met drie, Talisa Viljoen asook

Ivan van der Walt en Alex Geere het elke twee onderskeidings losgeskryf.

Larisca Nel het ook twee onderskeidings ontvang en 15 leerders het elk een onderskeiding behaal.

Sonneveld Akademie het sewe matrikulante gehad en spog met ‘n 100% slaagsyfer en twee kandidate met onderskeidings.

Alle kandidate het ook universiteitsvrystelling.

Exit mobile version