Local news

Geskiedkundige biblioteek gebou brand

Die biblioteek is in 1933 voltooi en in gebruik geneem.

Nog ‘n stukkie geskiedenis van die dorp het gisteraand (Vrydag) in vlamme opgegaan toe die eens pragtige gebou, wat vir jare die biblioteek gehuisves het, verder deur ’n brand verwoes is.
Die gebou is op die hoek van Kingswaylaan en Parkstraat, geleë.
Dit het al vir ’n geruime tyd leeggestaan en is die afgelope paar jaar stelselmatig afgebreek en ontsier.
Die Herald het in September 2022 berig dat onomkeerbare skade aan die binnekant van die gebou aangerig is. (Old library is in ruins).
Hawelose mense het dit omskep in ’n vuil, stinkende hool en enigiets wat van waarde was, is gestroop en weggedra.
Meer onlangs is die pragtige buitemure van die gebou ook ontsier met graffiti.
Volgens inligting het die brand net voor 19:00 ontstaan.
Nooddienste van die Stad van Ekurhuleni het kort daarna opgedaag.
Dit is alom bekend dat verskeie organisasies en individue uit die gemeenskap, sonder enige sukses, in die verlede gepoog het om die gebou by die Stad van Ekurhuleni te huur.
Die Herald sal in Vrydag se uitgawe volledig berig oor die brand, wat onomkeerbare skade aangerig het, aan dié geskiedkunde gebou wat eens ’n baken van trots in die dorp was.
Die biblioteek is in 1933 voltooi en in gebruik geneem.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button