Ongeluk slagoffer ter ruste gelê

“Ek en ons dogter Geraldine waardeer elkeen se ondersteuning, op watter wyse ook al dit gekom het,” het sy gesê.

Vriende, familie asook belangstellendes het verlede week by twee geleenthede van Wikus Kroukamp (42) afskeid geneem.

Die Herald in die uitgawe van 1 November berig oor die motorfiets ongeluk wat Kroukamp se lewe op 25 Oktober in Minnebron geëis het. (Man poog om homself te red).

Nadat Kroukamp se been tydens die ongeluk afgeruk is, het hy self gepoog om die bloeding met sy leergordel te stop, totdat hulp opgedaag het.

Hy is later die aand in die hospitaal oorlede.


‘n Houtkruis is aangebring op die plek waar die ongeluk plaasgevind het.

‘n Somber atmosfeer het Donderdagaand geheers toe familie en vriende blomme en brandende kerse gaan plaas het op die kruising waar die ongeluk plaasgevind het. ’n Houtkruis is ook opgerig.

Vrydagoggend is daar finaal afskeid van Kroukamp geneem, tydens sy begrafnis, wat vanuit die PPK Lighuis Gemeente plaasgevind het.

Kroucamp se weduwee, Hester (44) het almal bedank vir hul ondersteuning en belangstelling sedert die ongeluk plaasgevind het.

“Ek en ons dogter Geraldine waardeer elkeen se ondersteuning, op watter wyse ook al dit gekom het,” het sy gesê.




ALSO READ: SAPS warns about increase in vehicle-related crimes

ALSO READ: Delivery man hijacked in Sallies Village

Exit mobile version