Local newsSchools

Arend atlete vorder na Gauteng kampioenskap

Die atlete het hul vlerke gesprei en gevlieg na die podiums.

Agt van Laerskool die Arend se atlete wat aan die D5 atletiekbyeenkoms deurgedring het, het plekke behaal.

Dit verseker hulle deelname op Gautengvlak.

Die Aries wat na die Gauteng-kampioenskap deurgedring het is Nadine van der Westhuizen (o13) tweede plek 150m hekkies, Sharnika Janse van Rensburg (o11) tweede in gewigstoot, Keagan Greyling (o13) eerste in beide die 200m hekkies en 80 m hekkies, Justine van Dyk (o12) tweede in hoogspring, Jessica Strydom (o11) tweede in hoogspring, Tristan Blunden (o12) eerste plek in 150m hekkies, Justin Bronkhorst (o11) eerste in 150m en Lorenzo Bahlmann (o10) tweede in gewigstoot.

Die atlete gaan 10 en 11 Maart aan die Gauteng Provinsiale atletiekbyeenkoms op die Ruimsig Stadion deelneem.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button