Local newsSchools

Laerskool Brakpan-Oos onderwyser lê na 41 jaar die tuig neer

“Ek dink ‘n goeie onderwyser ‘n groot passie vir kinders en onderrig hê.”

Na 41 jaar in die onderwys het Aileen Mollentze, departementshoof van die Laerskool Brakpan-Oos, besluit om die tuig neer te lê. Aileen vertel sy wou nog altyd ‘n onderwyseres word.

“As oudste kind van vier het ek altyd skool-skool gespeel,” het sy gesê.

Sy woon nog al die jare in Brakpan en het in 1980 haar THOD-onderwysdiploma aan die Goudstad Onderwyskollege gewerf.

Daarna het sy haar onderwysloopbaan by Laerskool Kommando begin, waar sy ook as jong kind haar laerskoolloopbaan voltooi het.


LEES OOK: INVEST in your academics now, REAP the rewards later


Vier jaar later het sy by Laerskool Leondale ‘n permanente pos gekry en vir 15 jaar daar skool gegee. Hier het sy as ‘Juffrou Mollie’ bekend gestaan.

In 2001, het sy haar wortels by Laerskool Brakpan-Oos geskiet waar sy vir 21 jaar haar plek in die klaskamer vol gestaan het.

“Die leerders en onderwysers van Laerskool Brakpan-Oos het my baie spesiaal laat voel. Ek is in 2016 as departementshoof aangestel wat vir my ‘n aanduiding was van die vertroue wat daar in my gestel is.”

Sy het Afrikaans en Engels vir graad vier leerders aangebied.

“Tale onderrig was nog altyd my passie.”

Aileen sluit vandag (30 September) haar onderwysloopbaan van 41 jaar by Laerskool Brakpan-Oos af.

Na haar aftrede beplan sy eers om te ontspan en later wil sy reis. Sy beoog ook om met lyndans te begin.

“Ek sal ook graag in my vryetyd kinders met leerprobleme wil help.”

Aileen vertel dat ‘n goeie onderwyser baie geduld en empatie met kinders moet hê.

“Ek dink ook ‘n goeie onderwyser moet ‘n groot passie vir kinders en onderrig hê.”

Related Articles

Back to top button