KYK: Ringbal ontwikkelingsdag lok baie nuwe spelers

Meer as 30 nuwe spelers het hul name opgeskryf vir ontwikkeling.

Ekurhuleni-Oos Ringbal het op 1 Februarie ‘n ontwikkelingsdag by die Brakpan ringbal bane aangebied, waartydens daar wedstryde gespeel is met die fokus daarop om vir nuwelinge die spel te leer.

Nuwelinge is ook touwys gemaak met oefeninge, wat deur gesoute spelers gedoen word, om hul veerkrag en vaardigheid te verbeter.

Daarna kon belangstellendes hul besonderhede verskaf om aan te sluit by die sport en ook ‘n worsrol geniet.

Die wenners van die top liga vir die dag was Springs se Flamingo Force span, met Ultimate Mix in tweede plek.

Die B-Liga wenners is Super Dupers en Butts ‘n Nuts in tweede plek. Al vier van die top spanne was van Springs.

Die Brakpan Ringbal Klub oefen elke Maandag en Woensdag aand.

Juniors oefen van 18:00 tot 19:00 en seniors van 19:00 tot 20:30.

Oefeninge is op die ringbalbane agter die Brakpan swembad.

Vir meer inligting, kontak Corry Labuschagne by 060 961 9459, of Bella Prinsloo by 074 025 9324.

Lees ook: Explore Brakpan’s sports clubs and associations

Exit mobile version