VLU lede leer meer oor essensiële olies

Die lede het 'n voorlegging van Elize du Toit geniet oor die gebruike van die olies vir terapeutiese doeleindes.

Die Brakpan tak van die VLU het Dinsdag vergader, waartydens Elize du Toit ‘n interessante praatjie gelewer het oor essensiële olies.

Essensiële olies word gedistilleer is van die essens van ‘n plant, en is ook gesuiwer.

Hierdie olies het baie voordele, soos aromaterapie wat help om angs te beheer, en ondersteuning bied vir die behandeling van allerlei kwale.

Sommige help om irritasie van die ingewande of longe te streel en ander soos peppermint olie help met pyn as dit op die vel aangewend word. Daar is ook olies wat konsentrasie of energie bevorder.

Hoewel daar verskeie beweringe is oor die voordele van essensiële olies is dit, volgens Elize, belangrik om te weet dat dit nie ‘n towerspel of wonderwerk middel is nie.


LEES OOK: Abandoned vehicle leads to discovery of woman’s body


Essensiële olies kan terapeutiese ondersteuning bied in samewerking met tradisionele mediese sorg, en kan gevaarlik wees as hulle nie reg gebruik word nie.

Na afloop van Elize se aanbieding het die vergadering voortgegaan, en het Elsabe Grobler die sukses van die onlangse Nathaniël opvoering by die Dalpark Kaléo met die lede gedeel.

Die wins wat gemaak is, is gelykop verdeel tussen die kerk en die VLU-tak.

‘n Gedeelte van die wins gaan aangewend word om Karlien Roets, ‘n dogtertjie wat ‘n brein besering opgedoen het tydens ‘n ongeluk in 2020, te ondersteun.

Die Herald het in die verlede oor Karlien berig en die enorme mediese onkostes wat haar ouers maandeliks in die gesig staar. Nog ‘n gedeelte gaan na die aankoop van dierekos vir die Brakpan DBV.



LEES OOK: Laerskool Dalview vier Internasionale Onderwysersdag in styl

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version