Arend hengelaars neem deel aan SA’s

Die span het hope visse ingekatrol.

Laerskool Die Arend se hengelaars het tydens die skoolvakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Hengel Kampioenskappe, ook bekend as die Champs of Champs 2024 by die Bloemhofdam.

Die uitslae vir individue is as volg:

• Dogters is Lumé Nel (Graad Vyf) in die agtste plek met 33 punte, 17 visse en ‘n totaal van 26.2kg.

• Juanita Erasmus (Graad Sewe) in die 10de plek met 26 punte, 12 visse en ‘n totale gewig van 15.55kg.

• Seuns is Zayden Coertze (Graad Vier) in die 19de plek met 29 punte, vyf visse en ‘n gewig van 5.11kg.

• Kyiron Black (Graad Vier) in 39ste plek met 22 punte, twee visse en ‘n totaal van 2.19kg.

• Sion Joubert (Graad Vier) in die 41ste plek met 21 punte, vyf visse en ‘n gewig van 7.53kg.

• Dewaldt Coertze (Graad Sewe) in die 53ste plek met 18 punte, twee visse en ‘n gewig van 1.73kg.

• Warren Bahlmann (Graad Vyf) die 57ste plek met 15 punte, twee visse en ‘n gewig can 0.52kg.

• Dylan Schoeman (Graad Sewe) 65ste plek met 10 punte, een vis, en 1.55kg.

• Tiaan Erasmus (Graad Sewe) 67ste met agt punte, een vis en 1.38kg.

Die span uitslae is:

• Die dames span wat bestaan uit Juanita Erasmus en Lumé Nel het ‘n vierde plek saam bereik met ‘n totaal van 59 punte, 29 visse en 41.75kg.



‘n Spanfoto van die hengelaars saam Roedolf Klopper en Teresa Nel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version