Local newsNews

Plaaslike akteur is tuis agter die kameras

Die nasionale president van die Ghost Riders motorfietsklub het al 'n verskeidenheid klein rolle vertolk, waarvan sy rol in Diepe Waters die mees onlangse is.

Albert Jansen van Vuuren (59) ‘n inwoner van Hamiltonlaan het onlangs in die televisiereeks Diepe Waters ‘n klein rol as ‘n polisieman vertolk, met die moontlikheid van ‘n groter permanente rol.

Dié nasionale president en stigter van die Ghost Riders Motorfietsklub is al vir 30 jaar ‘n inwoner van Brakpan, maar het in Benoni groot geword.

Hy het dramatiese kunste studeer by die Johannesburg National School of Arts, maar nooit veel moeite gedoen om ‘n voltydse akteur te wees nie.

Albert het egter oor die jare ‘n paar rolle in televisiereekse vertolk. Hy het ‘n dokter vertolk in Binnelanders, sowel as ‘n klein rol in ‘n Star Trek reeks in Italië.

Hy het ook ‘n polisieman en kameraman in die Madiba TV reeks met Laurence Fishburne gespeel. Albert was ook al deel van musiekvideos, advertensies, was te sien in die reeks Roer Jou Voete, en is vriende met verskeie Suid-Afrikaanse akteurs.


Albert Jansen van Vuuren op die stel van Binnelanders.

Hy is net spyt dat hy die beroep nie meer ernstig nagestreef het nie. Sy vriende het hom aangemoedig om meer te doen met sy toneelspel vernuf, en dit het Albert genoop om meer oudisies te doen en rolle te vertolk.

Sy droomrol is enige rol in ‘n groot fliek, selfs al is dit nie ‘n hoofrol nie. Een van sy gunsteling aspekte van akteur-wees is as hy in kostuum om ‘n publieke stel rondloop en mense hom vir die ware Jakob verwar.

Hy herroep ‘n slag toe hy ‘n dokter gespeel het toe pasiënte, in die hospitaal waar hulle verfilm het, hom gevra het vir hulp.

Die belangrikste vaardigheid volgens Albert is om jou lyne goed te ken. Hy memoriseer omtrent 10 lyne op ‘n slag sodat hy alles kan onthou, en doen dit deur dit neer te skryf en sleutelwoorde uit te lig.

Dit is ook vir hom een van die moeilikste dele van rolspel, omdat hy voel dat sy emosies en aksies natuurlik kom, maar om die woorde te onthou is vir hom soms ‘n struikelblok.


LEES OOK: Experience the thrill of night running in aid of the Brakpan SPCA


“Ek is nie meer so jonk nie, so die skool brein werk nie meer nie,” het hy tong-in-die-kies vertel.
Gelukkig is TV-rolspel meer vergewensgesind as teater-rolspel, waarvoor Albert studeer het, en kry akteurs ‘n paar kanse om weer te probeer as hulle lyne vergeet.

Albert se grootste inspirasie is alle akteurs, omdat hy voel die beroep verg baie talent en selfvertroueg, maar hy is veral geïnspireerd deur Justin Strydom en Nadia Valvekens.

Op die stadium in sy beroep kry Albert heelwat langer rolle, waar hy meer spreekbeurte het, maar hy het nog altyd daarvan gehou om agtergrond karakters te speel.

Dit gee hom die geleentheid om die hoof akteurs dop te hou en van hulle te leer, en is deel van sy raad aan enige jong akteurs wat net begin.

“Sluit aan by ‘n agentskap en doen ‘background scenes’ waar jy kan leer by die hoof akteurs. Mense sal jou dan raaksien, en jy word steeds betaal vir agtergrond rolle, en jy kan ook jou agent vra om vir jou oudisies te reël,” het hy gesê.



LEES OOK: Ekurhuleni’s first university to break ground in Boksburg next year

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button