Local newsNews

Gold Reef Village inwoner (83) laat nog ‘n boek die lig sien

Rosie Marks is geen onbekende in die onderwyskringe van die dorp nie.

‘n Inwoner van Gold Reef Village en lid van dié aftreeoord se boekklub, Rosie Marks (83), het verlede Dinsdag haar roman by die boekklub se vergadering bekendgestel.

Die boek, Jonk of oud, liefde is vir almal, is geskryf as ligte leesstof om te lees voor slaaptyd, en gedruk in groot lettertipe om dit maklik leesbaar te maak vir ouer lesers.

Die boek is ook gebind met spiraal gebonde enkel velle papier, sodat dit makliker is om vas te hou. Dit is geskryf volgens huidige aanvraag na romanse, en is die eerste van ‘n trilogie.

“In tye wat dit swaar gaan, soos byvoorbeeld oorloë, floreer die kunste, en boeke raak meer gewild,” het Rosie by die bekendstelling gesê.

“My storie begin by die einde, waar die verliefdes mekaar reeds gevind het. Nou vertel ek die storie verder: hoe die egpaar ‘happily ever after’ lewe.”

Sy het ook haar ryk ervaring met opvoedkundige sielkunde ingespan om die karakterontwikkeling van die hoofkarakters deur te voer. Godsdiens is ook ingewerk, maar volgens Rosie op ‘n heel natuurlike manier.

“Ek wou nie preek nie, maar dit is tog so ‘n natuurlike deel van die lewe; so hoekom sou ek dit nie byvoeg nie?” het sy verduidelik.

Die hoofkarakters, Ben en Maryna, is middeljarige mense wat albei reeds ‘n werk, huis, kar en kinders het uit vorige huwelike het, maar wat ‘n sosiale agterstand ontwikkel het as gevolg van vereensaming.

Ben het ‘n houding van ek-sorg-vir-myself, en wil nie op ander staat maak nie. Maryna stoei bietjie met ‘n minderwaardigheidskompleks.


Lede van die boekklub by Gold Reef Village. Rose Marks staan heel voor.

Die hoof konflik tussen die twee is hulle onvermoë om te kommunikeer, en hul reis saam begin by klein oomblikke. Hulle begin met meer oogkontak, en ‘n fokus op meer dankbaarheid vir die klein dinge.

Die tema van die verhaal is dat die lewe oor meer gaan as net opstaan, gaan werk, huis toe kom, eet, slaap, herhaal.

Rosie se ondervinding as onderwyser en met kunswedstryde het ook ‘n invloed gehad op haar skryfproses, met haar navorsingsvaardighede wat haar toegelaat het om ‘n volronde verhaal te skryf.

Rosie het vir 61 haar skool gehou, en tree eers die jaar uit as onderwyser. Sy was ook meer as 40 jaar betrokke by kunswedstryde, redenaars, musiek en koor afrigting.

Op ‘n stadium was sy selfs ‘n dosent by die Kollege vir Verdere Opleiding, en het vyf diplomas in verskeie velde agter haar naam; benewens haar twee onderwysdiplomas, BA graad by RAU, en nagraadse kwalifikasie in opvoedkundige sielkunde by RAU.


LEES OOK: Brakpan SPCA cautions against buying pets from roadside sellers


Vir Rosie was die Covid-19 pandemie kwarantyn tydperk ‘n groot laagtepunt in haar lewe. In dié tyd moes sy haar man versorg, maar ook ‘n heupvervanging kry.

Haar man is toe na die sorg-afdeling in Gold Reef Village geskuif terwyl sy haar operasie ondergaan en herstel het.

Vir haar was die moeilikste gedeelte hiervan dat hulle mekaar nie kon sien nie weens Covid. In 2021 is haar man, Jan Marks, oorlede.

Gedurende dié tyd het Rosie ook ‘n outobiografie geskryf met die hand terwyl die krag af was. Sy het voorheen twee opvoedkundige boeke, twee biografieë, een jeugverhaal (ook in Braille), een digbundel en vyf tonele geskryf.

Rosie het afgesluit deur te sê sy is dankbaar vir hierdie nuwe seisoen in haar lewe. Sy moedig haar tydgenote aan om te lees en te skryf.

“One day you will tell your story about how you overcame what you went through, and it will become someone else’s survival guide,” het sy gesê.



LEES OOK: Tampering with fire hydrants may lead to loss of life or property damage

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button