Brief: Spoedvrate hou nie by die reëls nie

Daar gaan nog baie lelike ongelukkig in die dorp gebeur.

Herman van der Mescht skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 30 Augustus – Dowwe padmerke hou gevaar vir motoriste in.

Dit is inderdaad so dat daar dringend aandag gegee moet word aan die padmerke in die dorp. Nie net op die hoofstrate nie maar al die strate in die dorp.

‘n Groot ergernis wat daarmee saam loop, is dat motoriste die strate gebruik as resiesbane.

Mense behoort mos te weet dat nie veilig is om oor enige kruising te jaag, ongeag die feit of dit is stopstraat, met of sonder sigbare tekens is nie.

Veral in die aande en naweke hoor ons gereeld hoe mense teen hoë spoed in Brakpan-sentraal ry.

Daar gaan nog baie lelike ongelukkig in die dorp gebeur. Wetstoepassing is ook nie meer wat dit behoort te wees nie.



LEES OOK: Brief: Hoe sê mens genoeg dankie?

LEES OOK: Brief: ‘Ons het ‘n veeartsenykundige krisis’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version