Panne maak gereed vir groot finaal

Beide spanne kom vanad die halfeistryd met goeie vorm.

‘n Moedige Brakpan o21 span het Saterdag in die Peregrine Liga finaal teen die NWU Eagles te staan gekom maar moes die aftog blaas.

NWU was net te uitgeslape en met hul oorwinning van 36-17 is die span as die Peregrine kampioene vir 2024 gekroon.

Die punte is as volg aangeteken:

Drieë: Reagan Pretorius (1), Zander Botes (1) en Xander Marais (1) en doelskop: Benton Giessing (1).

Dié wedstryd plaas egter glad nie ‘n demper op die opgewondenheid wat heers oor die groot finaal wat 7 September plaasvind nie.

Brakpan se eerste span speel teen Vereeniging in die Peregrine finaal op Kempton Park se Barnard Stadion.

“Ons voorbereiding vir die finaal is op koers en al die spelers werk hard om te verseker dat die wedstrydplan in werking gestel kan word,” het Sarel Korf, Brakpan Rugbyklub se visie voorsitter aan die Herald gesê.


Brakpan poog om NWU te stop om aan te val.

“Ons het tans geen ernstige beserings na die halfeindstryd, wat op 24 Augustus plaasgevind het nie.”

“Die wedstryd is tussen die twee beste spanne in die Peregrine Liga vir 2024 en tans is daar min te kies tussen die spanne.

“Wat vooraf gebeur het in die seisoen is alles tot niet gemaak en wat in die 80 minute op die veld in die finaal gebeur sal van die spelers afhang.

“Verdedigingslyne sal dopgehou moet word sodat die opposisie nie kan deurbreek nie.

“Beide spanne kom vanaf die halfeindstryd met goeie vorm. Ons onderskat Vereeniging glad nie en het baie respek vir die span en hulle afrigtingspan.


LEES OOK: Stap vir Bybels skilderyprys word aan Sonneveld Akademie oorhandig


“Om ‘n kans te kry om as oorwinnaars van die veld te kan stap sal ons, ons strukture moet behou en daarop bou.

“Ons sal moet kophou en ons kanse benut op die dag,” het Korff bygevoeg.

Die laaste keer waar Brakpan en Vereeniging teen mekaar gespeel het, was Brakpan die oorwinnaars met ‘n telling van 41-33.

Die bestuur van die Brakpan Rugbyklub het ondersteuners gevra om bankvas agter die span te staan in die finaal en op te daag vir die wedstryd.

‘n Versoek is ook gerig dat ondersteuners in groen geklee sal wees. In die 2025 rugbyseisoen sal Brakpan en Vereeniging ook in die Gold Cup speel.




LEES OOK: Albinism Society of South Africa hosts fundraising gala dinner

Exit mobile version