Stap vir Bybels skilderyprys word aan Sonneveld Akademie oorhandig

Die skool het 14 spanne ingeskryf en sodoende gesorg dat die skildery aan die skool toegeken word.

Sonneveld Akademie het op 24 Augustus die meeste spanne (14) gehad wat deelgeneem het aan die Stap vir Bybels, en het dus die gesogte olifant skildery deur Andries Kruger gewen.

Die skildery is deur Andries geskenk aan die projek, omdat Bybelverspreiding en die Evangelie van God hom baie na aan die hart lê.

Die skildery is op 29 Augustus aan die skool oorhandig, waar dit voortaan in die skool se voorportaal sal pryk.



LEES OOK: New committee for Brakpan SPCA

LEES OOK: CoE procures new maintenance equipment

Exit mobile version