Local newsNews

KYK: Stap vir Bybels lok groot skare

Die skare was vol gees en energie.

Die Bybelgenootskap se Stap vir Bybels-wedloop het Saterdag by die Laerskool Môrewag plaasgevind. Die tema was ‘God se reënboog’.

Helder klere en kleure was oral te sien met al die spanne wat ingeskryf het om deel te neem aan die stap.

Jolindi Zietsman, Eloise Snyders en Nick Neethling het gesorg vir van die dag se vermaak, en daar was stalletjies met eet- en drinkgoed.

Daar was ook “dodgeball”, springkastele en pryse vir onder andere meeste gees en meeste rondtes wat voltooi is.

Elke span het ‘n boontjie per rondte gekry, en nadat hulle ‘n rondte gestap het is die boon in ‘n bottel gegooi.

Die eerste span met ‘n vol bottel het gewen, wat die NG Kerk Presidentsoord in Springs was.



Sonneveld Akademie het wel die titel vir meeste spanne ingeskryf gewen, wat beteken dat hulle die gesogte olifant skildery ingepalm het.

IDY Jeug groep het twee pryse gewen; een vir die beste gees en een vir die mooiste banier.

Die dag was vol gees en genot, en ten spyte van die winderige toestande het die gemeenskap uitgehaal en gewys met hul kleurvolle kostuums en getalle.

Alle inskrywingsfondse word aangewend om Bybels te druk in Suid-Afrika se 11 amptelike geskrewe tale, sowel as Braille, om gratis onder behoeftiges te versprei.

Een span se inskrywingsfooi dek die vervaardiging en verspreiding van twee Bybels, en met die groot aantal spanne ingeskryf is die genootskap daarvan verseker dat hulle goeie fondse ingesamel het.




ALSO READ: Brakpan deur na Peregrine finaal

ALSO READ: Anker redenaar naaswenner in ATKV landfinaal

Related Articles

Back to top button