Golden Oldies Klub steeds bedrywig

Die versierde bottels is ten bate van die model se Kersfees liefdadigheidsprojek.

Die Golden Oldies groep, wat elke Donderdagoggend by die Bikers Adullam Kerk te Gardinerstraat 134 vergader, het verlede week weer ‘n besoek gehad van die model Bianca Birnie.

Sy het die groep ingelig oor haar werk met Living Ball Ministeries, wat deur middel van sport met die jeug konneksies maak om die Bybel te versprei.

Sy is ook besig om fondse en geskenke in te samel vir haar Kersfeesprojek, waarvoor die Golden Oldies oor die laaste paar weke koffie bottels versier het.

Die groep het ook hul eerste manlike lid verwelkom, en hoop om met tyd nog ‘n paar mans-pensioenarisse by die klub te verwelkom.

Die klub vergader om 08:00 elke Donderdag, en diegene wat belangstel om in te skakel kan vir Ursula Edwards by 082 491 6217 kontak.




ALSO CHECK: Blink toekoms wag op jong bokser

ALSO CHECK: Mark your calendars for these SPCA events 

Exit mobile version