Brakpan deur na Peregrine finaal

Twee van Brakpan Rugbyklub se spanne is deur na die finale toe.

Brakpan Rugbyklub se eerste span het na sy oorwinning Saterdag teen Springs op Bosman Stadion na die finaal van die Valke Rugby Unie se Peregrine Liga deurgedring.

Brakpan het ‘n goeie oorwinning behaal en met ‘n telling van 47-34 van die veld gestap.

Die eerste helfte was gelykop. Brakpan het die eerste drie van die wedstryd, wat suksesvol verdoel was, vroeg in die eerste helfte gedruk.

Springs het vining terug geslaan met ‘n drie van hul eie. Die doelskop was nie suksesvol gewees nie.

Brakpan het volgende weer agter Springs se doellyn gekuier met die doelskop wat suksesvol was.


Xander Marais het sy 50ste wedstryd vir die o21’s gespeel.

Daarna het Springs die meeste van die speelwerk gedoen met twee verdere drieë, een doelskop en een strafdoel wat in punte omskep was.

Met halftyd het Springs met 20-14 voorgeloop. Brakpan het die meeste speelwerk in die begin van die tweede helfte gedoen en was op een stadium 40- 20 voor.

Springs het bewegings begin bymekaar sit in die laaste 15 minute en het twee drieë gedruk. Brakpan het in die tweede helfte vyf drieë gedruk. Brakpan het 33 punte aangeteken terwyl Springs 14 aangeteken het.

Springs het een geel kaart in die wedstryd op die lyf geloop.

Die wedstryd is gekenmerk die plettervatte aan beide kante met die spanne wat die ruimte vir aanval ingeperk het. Daar was ook wel heelwat hanteerfoute deur Springs sowel as Brakpan, wat heelwat skrums veroorsaak het.


LEES OOK: Blink toekoms wag op jong bokser


Brakpan se punte is as volg aangeteken. Drieë: Brandon Swart (3), Jacques Blignaut (1), Franco Booysen (1), Henry Pike (1) en Ruben Beytel (1).

Brakpan en Vereeniging sal mekaar in die finaal die stryd aansê. Brakpan se o21-span het teen Boksburg se o21s in hulle semi-finaal te staan gekom.

Brakpan het 47-34 geweb. Xander Marais het sy 50ste wedstryd vir die o21’s uitgedraf. Brakpan was halftyd met 28-13 voor.

Sewe drieë en ses doelskoppe het vir Brakpan se punte gesorg teenoor en Boksburg se vier drieë, vier doelskoppe en twee strafdoel in punte omgeskep.

Brakpan se tweede span het teen NWU in hulle semi-finaal te staan gekom. NWU het die wedstryd naelskraap 14-12 gewen. Halftyd telling was 0-0.


LEES OOK: Young oval racer breaks onto the scene


Exit mobile version