Local newsNews

Anker redenaar naaswenner in ATKV landfinaal

Die Graad 10 leerder het haar bes gegee en baie goed gevaar in die ATKV redenaars-kompetisie.

Eleanor Maredi, ‘n Graad 10 leerder aan Hoërskool die Anker, het op 13 Augustus aan die ATKV redenaars landsfinaal deelgeneem.

Sy het as naaswenner in haar kategorie weggestap. Eleanor het in die Graad 10 tot 12 Afrikaans eerste addisionele taal afdeling deelgeneem.

Haar toespraak het gehandel oor die kontras tussen die verlede en hede, in terme van vrou-wees. Die toespraak was ‘Moderne vroue staan in paradox met ons verlede’ genoem.

Hoewel die toespraak deur Louw Breytenbach geskryf is, het Eleanor heeltemal op haar eie geoefen sonder afrigting. Die toespraak was selfs haar gunsteling toespraak wat sy al ooit gelewer het.


LEES OOK: How to lodge CoE complaints


“Dit was my eerste keer wat ek ‘n toespraak by Louw gekry het, en die onderwerp was baie interessant en lekker om aan te bied,” het sy vertel.

Eleanor is nog altyd ‘n besige kind en doen al lank kunswedstryde, sowel as toneel, revue en netbal. Van die verhoog af is haar gunsteling vak fisiese wetenskappe, oor haar juffrou dit glo baie interessant maak.

Wat sy wil word is Eleanor nie oor seker nie, maar sy beoog om iets te doen in die lyn van landbou of fisioterapie, maar sy hou nog haar opsies oop.


LEES OOK: Undocumented foreign nationals arrested by EMPD


Sy weet wel dat drama ‘n sterk teenwoordigheid gaan hê in alles wat sy doen.

Eleanor se raad vir jong deelnemers in die kunste is om seker te maak dat mens dit lief het, en dat die verhoog soos ‘n tweede huis moet voel.

“Wees in dit om goed te presteer, maar moet dit nie doen oor daar druk is om te wen nie,” het sy gesê.

“Jy moet eers sukkel om goed te doen. In my jonger jare het ek baie gesukkel maar nooit die liefde daarvoor verloor nie,” verduidelik sy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button