Dowwe padmerke ‘n kopseer vir inwoners, motoriste

Dit kan veral in ‘n groot probleem ontaard wanneer ‘n motoris nie vertroud is met die area nie.

Padmerke in die dorp, wat op plekke skaars sigbaar is, veroorsaak groot frustrasie en hou ‘n gevaar vir motoriste en voetgangers in.

Op vele plekke in die dorp is padmerke by stoptekens, voetoorgange en op spoedwalle skaars sigbaar.

‘n Spoedwal sonder duidelike strepe kan maklik misgekyk word en kan tot groot skade aan ‘n voertuig se onderdele lei.

‘n Voetgangerkruising is juis daar vir die veiligheid van voetgangers, maar indien dit nie duidelik in die pad sigbaar is nie kan dit maklik deur ‘n motoris misgekyk word.

Waar stoptekens onsigbaar is, weens byvoorbeeld oorhangende takke van bome of in gevalle waar dit gesteel of gevandaliseer is, is motoriste afhanklik van padmerke wat die stopstraat aandui.


Zebra-strepe by skole soos die een by Laerskool die Arend is skaars sigbaar, wat gevaar inhou vir skoolkinders wat oor die pad moet stap. Fotos: Charma du Plessis.

Dit kan veral in ‘n groot probleem ontaard wanneer ‘n motoris nie vertroud is met die area nie.

Hennie Steyn bly al vir 10 jaar in die huis op die hoek van Paul Krugerlaan en Cardiganstraat, en hy sien daagliks hoe mense bloot oor die kruising, waar die padmerke skaars sigbaar is, jaag.

“Mense jaag net oor en een van die dae gaan hier ‘n groot ongeluk wees,” het hy gesê.

Die Metro het op navraag oor die kwessie aangedui dat hulle ‘n opdrag aan ‘n kontrakteur gegee om werk uit te voer om die hoofpaaie in Brakpan en Tsakane oor te verf.

Geen inligting oor systrate is deurgegee nie.




LEES OOK: San Michele Home crowns Mr and Miss Mental Wellness

LEES OOK: Voortrekker business burgled, thieves got in through the roof

Exit mobile version