Afleweringsman van motorfiets geruk en beroof

Talle soortgelyke voorvalle het die afgelope tyd oral in die dorp voorgekom.

Nog ‘n afleweringsman is Dinsdagaand van sy motorfiets beroof, toe hy in ‘n styf gespande tou oor die pad vasgery het.

Dié voorval het ongeveer 19:30 in ou Lokasieweg plaasgevind.

Die Herald het verlede week berig oor ‘n bestuurder van ‘n Checkers Sixty60 afleweringsmotorfiets wat in New Kleinfonteinweg, Leachville van sy motorfiets beroof is toe hy ook in ‘n gespande tou vasgery het. (Motorfietsdiewe slaan weer toe).

Talle soortgelyke voorvalle het die afgelope tyd oral in die dorp voorgekom. Charles Ranerd (35) was verlede Dinsdagaand op pad om kos af te lewer toe hy geteiken is.

“Ek het in ‘n rubberagtige tou vasgery en van my motorfiets afgeval. Daar was dadelik twee mans by my wat vir my selfoon gevra het,” het hy vertel.

Die mans het hom deursoek en sy beursie met R600 kontant asook ‘n kragbank vir ‘n selfoon geneem.

“’n Derde man het te voorskyn gekom en my motorfiets is weggestoot,” het Ranerd wat beserings aan sy hand en gesig opgedoen het, gesê.

Die voorval is by die Bakpan SAPD aangemeld en word ondersoek.



LEES OOK: Gang attacks petrol station

LEES OOK: Carnival Night Run draws a big crowd

Exit mobile version