Leerders besoek beesplaas vir praktiese eksamen

Die tien matriek leerders het met alle aspekte van beesboerdery kennis gemaak.

Sonneveld Akademie se matriek landbou studente het onlangs hul landbou praktiese eksamen op ‘n beesplaas afgelê, waar hulle verskeie take moes voltooi om meer oor beesboerdery te wete te kom.

Die take het behels om beeste se ore te merk met “tags”, voer te meng en te gee, beeste aan te jaag van een kraal na die ander, beeste na drukgange te lei om geweeg te word, om inentings te spuit en dragtigheidstoetse te doen.

Hulle het ook statistieke van die trop ingelees en geleer hoe verskeie sisteme op die plaas werk.

‘n Ander deel van hul praktiese ondervinding sluit gewasse in en die groep het vroeër in die jaar Egiptiese knoffel op die skoolgronde geplant, wat nou byna gereed is om te oes.


Willem de Lange bied landbou aan vir die skool. Hier is hy by die ander praktiese aspek van die vak, naamlik gewasse.

Dit is die tweede jaar wat die skool die vak aanbied. Verlede jaar was daar slegs twee leerders in die klas, maar die jaar was daar 10.

Vir praktiese ondervinding kan ‘n klas twee gewasse en een dier of een gewas en twee diere bestudeer.

Die jaar was beeste, knoffel en mielies onder die vergrootglas.

Deel van hul teoretiese opleiding is hoe om besproeiing te doen, sowel as die gebruik van kunsmis, pesbestryding, en in terme van vee hoe om troppe veilig te hanteer en te versorg.

Die vak word deur Willem de Lange aangebied.


LEES OOK: Senior golfers enjoy a successful round

LEES OOK: Water systems are recovering well in Ekurhuleni


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version