Subaru tsunami sorg vir skouspel

Die Just Wheels Motorklub se opedae vind elke laaste Sondag van die maand plaas.

Besoekers aan die Just Wheels se opedag, wat Sondag plaasgevind het, het beslis nie teleurgestel huis toe gegaan nie.

Liefhebbers van Subaru’s was veral in vir ‘n fees weens die feit dat ongeveer 100 van dié voertuie opgedaag het.

Daar was Subaru eienaars van onder andere Pretoria, Sandton, die Vaaldriehoek en daar was selfs een met ’n nommerplaat van KZN.

“Die Subaru tsunami het wel veroorsaak dat ons reëlings tot op die uiterste getoets is maar dit het ook gesorg vir ’n welkome finansiële hupstoot na die groot uitgawes wat ons onlangs aangegaan het vir die omheining van die klubhuis se gronde,” het Bart Zaayman van die Just Wheels Klub gesê.

Hy het bygevoeg dat daar baie verskillende “Scooby’s” op skou was wat onder andere ’n 22BT (die enigste een in die suidelike halfrond) was.


Exit mobile version