Clean Brakpan maak groot verskil in die dorp

Julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie.

Trotse inwoner skryf per e-pos:

Ek is ‘n trotse inwoner van die dorp wat opmerk watter verskil die Clean Brakpan groep in die dorp maak.

My kinders is nog op skool, so ek ry baie rond. Oral waar mens ry sien jy hoe die span hard werk om die dorp skoon te kry.

Julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie en die impak wat julle maak is duidelik te sien.

Ek bid en vertrou dat alles na julle kant sal kom sodat julle met die goeie werk kan voortgaan.



LEES OOK: Clean Brakpan inspires a children’s book

LEES OOK: SME seminar highlights need to connect and engage

Exit mobile version