Sewe Arries speel nasionale ringbal

Die spelers het gewoeker op die ringbalbaan.

Sewe leerders van Laerskool Die Arend het vanaf 23 tot 29 Junie aan die Nasionale Ringbal Kampioenskappe te Pretoria deelgeneem, waar hulle Gauteng verteenwoordig het.

Twee van die sewe spelers, Luke Steyn en Christaan Henn het ook nasionale kleure ontvang.

Luke en Amber Gruen het in ‘n hoër ouderdomsklas gespeel as o15 spelers; Luke vir Ekurhuleni-Noord en Amber vir Ekurhuleni-Oos.

Renier Hutton was die o13-spankaptein vir Ekurhuleni-Oos, met Xion Marais, Christiaan Henn en Leanné Boyens ook op die Ekurhuleni-Oos 013-spanne.

Marli Deyer het Ekurhuleni-Oos o11-span gehaal.

Exit mobile version