Local newsNews

Stoeiers behaal welslae op die mat

Persone wat 18 jaar en ouer is en belangstel om te stoei kan die oefensessies bywoon.

Die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie se nasionale stoeikampioenskappe het onlangs by die Brakpan Binnenshuise Sportkompleks plaasgevind.

Stoeiers in die o17 en o20-ouderdomsgroepe asook seniors en meesters het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Vyf stoeiers van die Brakpan Stoeiklub, wat in die Ekurhuleni-span opgeneem is en dié span verteenwoordig het, het hul beurt op die mat gehad met goeie welslae.

Jesse van Baalen (senior) het ‘n goue en silwer medalje ontvang.

Jacques Kriel (senior), Martin Erasmus (senior), Ben van Rooyen (meester B) en Jacques Meyer (meester C) het elk met ’n goue medalje weggestap.

• Persone wat 18 jaar en ouer is en belangstel om by klub in te skakel kan Maandagaande vanaf 18:00 tot 20:00 oefensessies by die Binnenshuise Sportsentrum bywoon.




ALSO CHECK: Golfer makes inter-provincial team

ALSO CHECK: Panne versterk hul liga posisie

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button