Local newsNews

Stoffberg eerstes wen Valke finaal

Die span het ver voorgeloop in die eindstryd.

Hoërskool Stoffberg se eerste rugby span het ‘n geskiedkundige mylpaal bereik deur Saterdag die Valke finaal te wen.

Dit is die eerste keer sedert 2018 wat die skool in die Valke finaal gespeel het. Die Valke Hoërskole Rugby Vereniging finale wedstryde het by Hoërskool Brandwag plaasgevind.

Stoffberg se eerste span het teen Hoërskool John Vorster se eerstes te staan gekom en het met ‘n telling van 25-9 gewen.

Die wedstryd het byna deurgaans in Stoffberg se guns verloop. ‘n Speler van die wedstryd was nie aangewys nie, omdat al die spelers hul beste gegee het.


LEES OOK: Siyabonga Africa Mandela Day Market almost here


Adriaan Ten Napel, mede-afrigter van die span, het op die span se prestasie gereageer: “Ek dink die geheim van die sukses is die feit dat die span soos ‘n familie funksioneer. Niemand is groter as die spel of die span nie.

“Alles wat ons doen is passie-gedrewe; so elke oefening is baie intens maar tog baie pret. Die afrigtingspan is al drie oud-spelers van Stoffberg se eerste span.

“Op die einde van die dag poog ons om die seuns nie net as speler te ontwikkel nie, maar ook as man, en terselfdertyd die Stoffberg-tradisie van krag tot krag te laat groei.

“Elke speler heg enorme waarde aan hul trui, en gebruik elke wedstryd as geleentheid om die beste weergawe van hulself te wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button