Min genade vir gestrande motoris

Ek het nie met opset die verkeer probeer ontwrig nie.

Marie Blignaut skryf per e-pos:

Daar is nog goeie mense in die dorp. My voertuig is maar aan die ou kant en Maandagoggend oppad na my werk het dit in Athlonelaan by ‘n verkeerslig gaan staan.

Die pad was besig en baie mense het ongeduldig om my gery. Daar was selfs ‘n vrou wat haar misnoeë te kenne gegee het met ‘n lelike handgebaar.

Ek is 62 jaar oud en kon nie die voertuig weer aan die gang kry of uit die pad stoot nie en moes wag vir hulp.
Ek het intussen my seun gebel.

Na so vyf minute het ‘n jong man agter my stilgehou en gesê hy sal gou help om my voertuig uit die pad te stoot sodat die verkeer nie opgehou word nie.

Hy was netjies aangetrek en nadat hy nadergestaan het, het daar nog ‘n voetganger gekom wat gou gehelp het.

Die wêreld sal ’n baie beter plek wees met meer sulke mense en minder mense wat vinnig is om vinger in die lug te steek of vuil kyke uit te deel.

Ek het nie met opset die verkeer probeer ontwrig nie.

Dankie meneer, jy het gesê jou naam is Adriaan, voordat jy weer vinnig in jou motor geklim en verder gery het.
Die voetganger het ook verder aangestap voordat ek hom kon bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version