Local newsNews

VLU en Helpende Hand span saam om serpe te maak

Die vroue het hard gewerk by Lalies om die groot aantal serpe te maak vir behoeftige leerders van Laerskool Môrewag.

Die Brakpan Vroue Landbou-unie in samewerking met die Brakpan tak van Solidariteit Helpende Hand het onlangs by Lalies bymekaar gekom om serpe te sny en af te werk om te skenk aan behoeftige leerders van die Laerskool Môrewag.

Die serpe, in die skool se kleur van dik wollerige materiaal, is deel van die VLU se menige liefdadigheidsprojekte.

Hierdie projek is ‘n projek van die Brakpan tak, maar daar is ook hul streekswye Hef ‘n kind op-projek, wat gedeeltelike studiebeurse uitreik, en die nasionale ‘I-can’ blikkie projek.

Solidariteit Helpende hand se takvoorsitter, Charmaine van den Heever het die VLU genader met die projek, aangesien sy ‘n groot nood by Laerskool Môrewag opgemerk het.

Die serpe word Dinsdag (9 Julie) by die skool afgelaai deur Charmaine, waar dit onder behoeftige leerders versprei sal word om hulle te help warm bly tydens die laaste weke van die winter.


Related Articles

Check Also
Close
Back to top button