Local newsNewsSport

Panne voor op die punteleer

Die Peregrine Liga se tweede ronde skop die naweek af.

Brakpan Rugbyklub ry tans die kruin van die golf in die Valke Peregrine Liga.

Panne se eerste span lê tans eerste op die punteleer met Vereeniging wat sterk in hulle nekke blaas terwyl die tweede span op hulle beurt tweede geplaas is en die o21-span derde.

Al die Peregrine Liga spanne het die afgelope naweek ‘n loslootjie gehad. Die tweede ronde van die Peregrine Liga skop die naweek af.

Die spanne gaan ongetwyfeld hulle wedstryde in alle erns nader om die wenners en uitspeel spanne in die liga te bewerkstellig.

Brakpan se wedstryde vir die res van die seisoen in die Peregrine Liga is soos volg:

• 13 Julie teen Vereeniging (weg wedstryd).
• 20 Julie teen Boksburg (tuis wedstryd).
• 27 Julie: Loslootjie.
• 3 Augustus teen NWU (weg wedstryd).
• 17 Augustus teen Springs (weg wedstryd).

Môre (Saterdag) se wedstryd teen Vereeniging vind by die Phoenix High School te Beethovenstraat 1, Duncanville plaas.

Die o21-span begin om 13:15 speel, die tweede span se wedstryd neem om 14:40 ‘n aanvang en die eerste span skop om 16:00 af.


Related Articles

Back to top button