Jong rugbyspeler het groot drome

Chemikè Visser is ewe tuis op die rugbyveld, netbalbaan en hokkieveld.

Chemikè Visser, ‘n inwoner van die dorp, wat ’n Graad Sewe leerder aan die Laerskool Concordia is, is vir die o-16 Valke meisies span gekies.

Sy het verlede week, tydens die o16 en o18 Nasionale Meisies Week (National Girls Week) saam met haar span aan wedstryde deelgeneem.

Dié toernooi het by Jeppe High School plaasgevind.

Die Brakpan Herald het in 2019 die eerste keer oor die jong rugbyspeler berig toe sy begin rugby speel het. (Chemiké is tuis op die rugbyveld).

Sy vaar egter nie net goed op die rugbyveld nie. Sy was vanjaar SA’s toe vir gewigstoot waar sy ’n sesde plek behaal het.


LEES OOK: Collect your impounded car before it’s gone 


Sy het ook in die diskus item deelgeneem.

Sy het gedurende die atletiek seisoen ook haar persoonlike beste afstand in gewigstoot behaal naamlik 12.90m.
Chemikè speel ook hokkie en netbal en haar netbalspan het die liga gewen.

Sy speel ook binnenshuise netbal waar sy die o-13 Super Reeks-span gehaal het. Dié sportiewe leerder gaan volgende jaar haar hoërskool loopbaan aan die Hoërskool Waterkloof voortsit.

Na skool wil sy graag sportsielkunde studeer en wil haar veral daarop toespits om meisies, teen wie daar gediskrimineer word omdat hulle rugby speel, te help.

Haar groot droom is egter om eendag vir die Black Ferns uit te draf.


LEES OOK: Cat show a ‘purr-fect’ opportunity to celebrate felines

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version