Local newsNews

Stap vir ‘n goeie doel

Gemeenskap word uitgenooi om deel van die projek te wees.

Verskeie kerke en skole van die dorp het dit goedgedink om ‘n gemeenskapsprojek aan te pak.

Die projek behels ‘n aflos staptog wat 24 Augustus by die Laerskool Môrewag gaan plaasvind.

‘n Span kan vir R200 inskryf en mekaar een vir een aflos tydens die staptog.

Benewens die aflosstap gaan daar ook ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees waarna die deelnemers en besoekers kan uitsien.

Die fondse wat tydens die projek ingesamel word sal vir Bybelverspreiding gebruik word om sodoende die gebruik en verspreiding van Bybels te bevorder.

Vir meer inligting kan Hennie Dekker by 082 372 5823 gekontak word.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button