Local newsNewsSport

Brakpan gee Springs ’n rugbyles

Brakpan se oplewing in hul rugby is duidelik te sien en die uitslae is ‘n bewys daarvan.

Brakpan Rugbyklub het Saterdag teen Springs in die Valke Rugby Unie Peregrine Liga op die Bosman Stadion kragte gemeet.

Brakpan se oplewing in hul rugby is duidelik te sien en die uitslae is ‘n bewys daarvan. Brakpan het oor Springs geloop met uitstekende uitslae. Panne se eerste span het Springs 57-21 kafgedraf.

In die eerste helfte was Brakpan soos ‘n stoomroller en het hul stempel behoorlik op die wedstryd afgedruk en punte aangeteken sonder enige noemenswaardige teenstand. Die halftyd telling was 40-7.

In die tweede helfte het Springs ‘n bietjie meer aan die gang gekom en meer samespel gelewer.

Brakpan het in die tweede helfte 17 bykomende punte aangeteken teenoor Springs se 14. Die speler van die wedstryd was William Scheepers.


Xander Marais was die o21 speler van die wedstryd saam met Brandon Smit.

Brakpan se punte was aangeteken deur drieë:
Tjaart Scheepers, Thinus Ueckerman, Rourke Lyte-Mason, Ruben Beytell, Danny Keyser, JJ Keyser, GP Bezuidenhout, Brandon Black, Jacques Blignaut en doelskoppe: Ruben Beytell (6).

Brakpan se tweede span het Springs se tweedes met 20-14 geklop. Die halftyd telling was 7 elk. In die o21 wedstryd het Brakpan ook geseëvier met ‘n telling van 21-14.

Halftyd het Springs ‘n goeie telling opgebou van 14-0 maar kon nie daarop voortou nie. Brakpan se tweede span speler van die wedstryd was Ruan Venter.

Die o21-span het twee spelers gehad wat uitgestaan het en Xander Marais and Brandon Smit is aangewys as manne van die wedstryd.

Brakpan het ook vir hulle top ondersteuner Pieter Vorster ‘n getekende Brakpan ondersteuners trui gegee.


Related Articles

 
Back to top button