Local newsNews

Carnival Mark bied ‘n wye verskeidenheid produkte

Die mark is 'n uitpak mark, wat beteken meer items kan uitgestal word en kopers kan deur die rakke stap asof in 'n winkel.

Carnival Mark se wintermark is vuur en vlam aan die gang, met ‘n wye verskeidenheid produkte van braaigereedskap, vellies, dekor, klere, badgoed en lekkernye, en selfs ‘n koffiewinkel waar besoekers kan gaan sit om iets te nuttig na hul inkopies.

Die mark, ‘n uitpak mark, vind al reeds vanaf 20 Junie plaas, en sal kopers verras tot 7 Julie. Die uitpak mark beteken meer items kan uitgestal word en kopers kan deur die rakke stap asof in ‘n winkel.

Die uitstallers stal hul produkte uit in ‘n afgebakende gebied en merk dit met ‘n kode om dit te identifiseer vir betaling,

Die mark is oop van 09:00 tot 18:00 elke dag, by die Brakpan Garden and Pet Centre. Dit is alles onderdak en beskut teen die koue.Die ingangsfooie is R10.


Related Articles

 
Back to top button