Local newsNews

Tutela winterprojek sorg vir warm kos en klere vir behoeftiges

Ongeveer 200 mense, waarvan sowat 30 kinders was, het baat gevind by die projek.

Tutela Gesinsorg het Saterdag hul jaarlikse winterprojek gehad, waartydens daar klere en komberse asook iets te ete en te drinke aan behoeftige mense van die dorp uitgedeel is.

Vanjaar was die hoofborg NG Dalpark Kaléo Gemeente en die verwagting was om 150 tot 400 mense te ondersteun met die projek.

Ongeveer 200 mense is Saterdag bedien. Hanrimed Apteek, Tutela en die ATKV het ook bygedra tot die dag en skoene, komberse, warm kledingstukke en mieliemeel is ook uitgedeel vir behoeftige gesinne.

“Hulle (Tutela) gee elke jaar kos en klere en hulle behandel ons goed,” het een van die behoeftiges wat Saterdag in die ry gestaan het gesê.

“Dit beteken baie vir ons want ons sukkel maar, en ons weet hier kan ons kos en klere kry, en ons kinders sal nie honger of koud gaan slaap nie.

“Tutela beteken baie vir die gemeenskap,” het die persoon bygevoeg.

‘n Ander persoon het dit beaam en gesê dat die kos lekker is. Ek is dankbaar vir die groente, want dis darem voedsaam. Mens kry nie elke dag groente in nie, en dis lekker.

“Ons trek swaar maar andersins lewe ons met die Here se genade,” het die persoon gesê.

Tutela is baie aktief in die gemeenskap, en het in Mei uitreikprojekte gehad by Muriel Brand Skool en Laerskool Kommando, waar hulle 86 kinders ondersteun het.

Die organisasie het ook vroeër die maand ‘n bewusmakingsprojek in Sonneveld gehad oor kinderregte en boeliery.

Hul volgende groot projek is hul Kersfees projek, waar hulle vir 200 gekose behoeftiges ‘n warm maaltyd gaan voorsien.




ALSO READ: Weekend arrests

ALSO READ: Dan Triangle Karate Club rakes in medals at nationals

Related Articles

 
Back to top button