Local newsNewsSport

Brakpan struikel in die laaste minute teen NWU

Brakpan kom Saterdag teen Springs te staan in 'n tuis wedstryd.

Brakpan Rugbyklub het Saterdag in ‘n tuis wedstryd teen Noord-Wes Universiteit (NWU) in die Valke Rugby Unie se Peregrine Liga te staan gekom. Ongelukkig het die spanne nie as oorwinnaars van die veld gestap nie.

Die eerste, en o21-span het in die laaste doodsnikke van hul wedstryde verloor en die tweede span moes tevrede wees met ‘n gelykop uitslag.

Die eerste span was halftyd voor met 17-10 en het naelskraap verloor met 34-31. In die eerste helfte het Brakpan meeste van die spel gedikteer en het ‘n goeie voorsprong opgebou.

NWU het in die tweede helfte met ‘n terugveg poging gekom wat die skaal in hulle guns geswaai het.

Dit is moontlik dat Brakpan ‘n bietjie oorywerig was en fokus verloor het. Brakpan se puntemakers was: Ruben Beytell (3), Steve Engelbrecht (1) en Brandon Swart (1). Doelskoppe: Ruben Beytell (3).


Ruben Beytell op die aanval vir Brakpan.

Die eerste span wat uitgedraf het was: 1. Fanna Botha, 2. Tjaart Scheepers, 3. Brandon o’Neil, 4. Joe Meyer, 5.

William Scheepers, 6. Steve Engelbrecht, 7. Justice Nkombua, 8. Rourke Lyte-Mason, 9. George Giessing, 10. Ruben Beytell, 11. Keagan Balfour, 12. Henry Pike, 13. Thinus Ueckermann, 14. Brandon Swart en 15. Garren Morris. Plaasvervangers: 16. Ruan Botha, 17. Duncan Waardhuizen, 18. Johan Brits, Danny Keyser, 20. Xander Marais, 21.

Hugo Claasen, 22. Quinton Beaton en 23. JJ Keyser. Die tweedespan se eindtelling was 26 elk. Halftyd het Brakpan 19 punte op die telbord gehad teenoor die 24 van NWU.

Die tweede span het moedig probeer om die wedstryd in hul guns te beklink, maar moes tevrede wees met die gelykop uitslag.

Die tweede span speler van die wedstryd was Jacques Blignaut. Die o21 span het met 30-27 verloor.


LEES OOK: Senior Phoenix netball players win second place


Dié wedstryd was in die laaste oomblikke van spel deur NWU gewen. Die o21 speler van die wedstryd was Xolile Hlatswayo.

Brakpan kom Saterdag teen Springs te staan op die opgeknapte Bosman Stadion en die klub het ‘n beroep gedoen op die publiek om in massas op te daag en die span te ondersteun.

“Daar is die jaar ‘n merkwaardige oplewing in ons spel,” het Sarel Korf, die klub se visie voorsitter gesê.

“Ons weet wat voorlê in ons wedstryd teen Springs en verwag ‘n klipharde wedstryd.

“Ons vra die gemeenskap om op te daag en ons klub te ondersteun,” het Korf bygevoeg.

Related Articles

 
Back to top button