Local newsNews

Die Anker leerlingraad bederf Eventide inwoners

Die inwoners is behoorlik bederf deur die leerlingraad.

Nachalee Creser met inwoner Solomin Scheepers.

Die leerlingraad van Hoërskool Die Anker het Vrydag die inwoners van Eventide Ouetehuis bederf met ‘n besoek, lekkernye en manikure.

Hulle het ook gordyne, beddegoed en klere afgelaai. Die projek is deur die skool se hoofmeisie, Nachalee Creser, gereël.

Jano Havenga en Abigail van Lutterveldt het die dag geopen met skriflesing en gebed, voordat daar kolwyntjies, melktertjies en klein vetkoeke sowel as koeldrank aan die inwoners bedien is.

Musiek is gespeel en van die inwoners het lekker gedans.

Die bejaardes het elkeen ook ‘n serp ontvang en die vroue is verder bederf met manikure van die leerlingraad.

Daar is ook handeroom en dagboeke uitgedeel.


Related Articles

 
Back to top button