Local newsNews

Rico is gevind!

Die geliefde ondersteuningshond is tans by die veearts vir ligte wanvoeding en brandwonde.

Rico, die geliefde Cocker Spaniel van Mienkie Barker, is uiteindelik gevind.

Rico is vanoggend (Vrydag, 21 Junie) opgespoor nadat Nicci Bowyer en Natasha Winkworth se K9 hond, Loki Woensdag Rico se reuk opgetel het in ‘n sekere area in Brakpan-Noord.

Pamflette is toe in dié area versprei, wat gelei het daartoe dat Rico vanoggend gevind is.

Hy het gewig verloor en sy snoet en pote is bietjie verbrand vermoedelik omdat hy van ‘n veldbrand gevlug het.

Mienkie is tans by die veearts met Rico.

Meer inligting sal volg.




LEES OOK: Opvolg: Soektog na spesiale hond lewer niks op

LEES OOK: Soektog na vermiste ondersteuningshond vind môre (Saterdag) plaas

Related Articles

 
Back to top button