Local newsNews

Inwoners se R50 elk help om park skoon te kry

'n Verlamde ma van twee van Dalview moedig inwoners aan om elkeen 'n klein bietjie by te dra tot die opknapping van die dorp.

Dianne Fourie (47) van Dalview laat nie toe dat haar verlamming haar terughou van goeie werke nie.

DiƩ ma van twee het onlangs ondervind hoe mense daagliks op haar buurt se WhatsApp groepe kla oor die toestand van die parke en sypaadjies en het besluit om self in te gryp.

Na ‘n ongeluk met ‘n polisievoertuig in 2012 lei Dianne haar lewe as ‘n kwadrupleeg, maar sy bly besig en probeer die gemeenskap help waar sy kan.

Sy het ‘n beroep gedoen op al die WhatsApp groepe sodat elkeen in die buurt op net ‘n klein gedeelte kan bydra van die kwotasie, wat sy by tuindienste gekry het om die park oorkant haar huis te sny en skoon te maak.

ā€œIndien elkeen net R50 kon gee sou ons dit kon doen. Een mens kan nie R3 000 gee nie, maar 60 mense kan maklik R50 gee,ā€ het sy verduidelik.


LEES OOK: Just Wheels Club keeps on trucking


Sy het self die eerste R50 bygedra om ander aan te spoor om ook te betaal.

ā€œBinne ‘n paar dae het ons die bedrag van die kwotasie ingesamel. Mense het selfs vroegoggend ‘n draai kom maak en die R50 note onder my deur deurgestoot,ā€œ vertel sy verder.

ā€œDie bedrag is oorbetaal, en die skoonmaakwerk het begin.ā€

Dianne het selfs haar eie tuindiens ingeroep om te help opruim, en ā€˜n buurvrou het kerrie en rys gemaak vir almal wat betrokke was by die skoonmaak projek.

Daarna het verteenwoordigers van die Dalview Tennisklub vir Dianne genader om te hoor of sy die klub se perseel en omliggende gebied volgende kan aanpak, en dit is een van Dianne se toekomstige projekte.


LEES OOK:Ā Skole ontvang benodighede van Solidariteit Helpende Hand


ā€œDit is dalk moeilik om fisies by alles uit te kom, maar met my mond kan ek alles vermag,ā€ het sy gesĆŖ.

ā€œMense kla ook altyd oor die belasting wat hulle betaal vir dienslewering, maar vir hulle sĆŖ ek ons moet eerder saamstaan en die werk insit eerder as om ons te bekommer oor die regering se doen en late, terwyl ons niks doen nie.ā€

Dit is Dianne se grootste wens om met besighede en die gemeenskap saam te werk om die dorp weer reg te ruk en te verfraai.

ā€œDink net, as jy by Brakpan binnery en die sypaadjies is almal onderhou en daar is blompotte en trots; watter verskil sal dit nie vir die gemeenskap maak nie?ā€ sĆŖ sy.

ā€œAs ā€˜n mens noodgedwonge stil moet sit, soos ek, besef jy hoe baie jy eintlik kan doen. Partykeer het mense net iemand nodig om die eerste stap te vat,ā€ sluit sy mee af.

Related Articles

Back to top button