Local newsNews

Brief: Weldoener verjaag skelm

Daar is nog goeie mense daar buite wat omgee.

Sandra Bezuidenhout van Dalview skryf:

Ek rig hierdie skrywe aan ‘n jong man wat Saterdagaand voorkom het dat iemand ons hekmotor gesteel het of dalk toegang tot ons erf kon kry.

Dit was ongeveer 23:45 toe ons ‘n lawaai by ons voorhek hoor.

Ons honde in die huis was ook onrustig.

My man het uitgegaan om te gaan kyk en ’n jong man in ’n wit Polo het vir my man gesê dat hy iemand by ons hekmotor sien vroetel het.

Dié jong man het stilgehou en sy voertuig se toeter gedruk en ook op die verdagte persoon geskreeu.

Volgens die jong man het die verdagte persoon weggehardloop.

My man wou nog met die weldoener praat maar hy het gesê hy gaan ry om te kyk of hy die persoon wat weg gehardloop het kon opspoor.

Hy het net gesê sy naam is Gideon.

Daar was inderdaad aan ons hek gepeuter en ons glo die jong man was net op die regte plek, op die regte tyd om die skelm te verjaag.

Daar is nog goeie mense daar buite wat omgee.



LEES OOK: Brief: Morsjors laat vullis in park

LEES OOK: Brief: Vinnige hulp red man na hartaanval

Related Articles

Back to top button