Local newsNewsSport

Prinsloo-gesin sien uit na Bokkie en Rhinoweek

Die gesin van sport-kinders neem in Junie deel aan hul onderskeie sporte.

Sportbloed vloei dik in die are van die Prinsloo sibbe van Brakpan Sentraal.

Lianné, Miané en Kiaan Prinsloo is ‘n boetie en sussies van sport-formaat, met Miané en Lianné wat Bokkie Week netbal speel en Kiaan wat Rhino week rugby speel.

Kiaan, ‘n Graad 10 leerder aan Hoërskool die Anker, neem vanaf 18 tot 23 Junie in Vanderbijlpark deel aan die Rhino week.

Lianné, ‘n Graad Sewe leerder aan die Laerskool Môrewag, en Miané, ‘n Graad Agt leerder aan Die Anker, neem van 24 tot 28 Junie deel aan Bokkieweek te Kroonstad.

Die gesin het wel hulp nodig om die kinders by hul onderskeie sportweke uit te kry, en diegene wat die gesin wil ondersteun kan die drie se ma, Michelle Prinsloo, kontak by 083 565 2204.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button