Local newsNews

Oud-Brakpanner leef haar droom uit

Die onderwys-assistent wat na haar honneurs-graad toe werk, is ook deeltyds 'n TV-aktrise.

Tené Theron (26), ‘n oud-Brakpanner en onderwys-assistent by Applewood Preperatory School in die Wes-Kaap, leef haar droom uit deur deeltyds ‘n rol te speel in Die Fakulteit.

Sy is ook in die proses om vir haar honneursgraad in inklusiewe onderrig te studeer.

Die Fakulteit is ‘n TV-reeks wat op E.TV uitgesaai word, waarin onderwysers in ‘n fiktiewe Afrikaanse hoërskool

“meer probleme veroorsaak as wat hulle oplos,” volgens Tené.

Die talentvolle aktrise is in Springs gebore, maar het in Brakpan groot geword, en het aan die Laerskool Brakpan-Oos en Hoërskool Die Anker skoolgegaan.

Sy het van Graad Drie ekstra drama klasse geneem en het drama as vak geneem in hoërskool.

Tené het in November en Desember van 2023 die eerste seisoen oor drie weke verfilm, en ‘n gedeelte van die tweede seisoen tydens die onlangse skool vakansie. Die res van seisoen twee gaan tydens die Junie-Julie skoolvakansie verfilm word.


LEES OOK: Arend danser wys hoe dit gedoen word by kompetisie


Tené speel die karakter van Sebine Kritzinger, ‘n nuwe wiskunde onderwyseres wat Amelia de Waal (gespeel deur Zoricke Snyman) se liefdesverhaal kortgeknip het deur Jan Gerber (gespeel deur Carl Trautman) se hart te steel.
Haar droom werk is eintlik om in die vermaakbedryf te werk, maar dit is op die oomblik nie ‘n volhoubare opsie nie.

Tong-in-die-kies verklaar Tené dat sy nie eintlik droom van werk nie, maar haar hoop is om ‘n vasgestelde werk te hê met ‘n goeie inkomste, en om terselfdertyd haar passies uit te leef.

Selfs as kind al het Tené aan al die kunswedstryd items beskikbaar deelgeneem, en toneelspel is een van haar grootste passies.

As sy kon, en was dit volhoubaar, sou sy die graagste net wou aanhou daarmee.

“Dit was nie altyd ‘n realiteit of verwagting om op die TV te verskyn nie, maar dit het net gebeur,” vertel sy oor die geleentheid om deel te wees van Die Fakulteit.

“As jy nie probeer nie gaan jy niks van jou drome behaal nie; so probeer net,” sluit sy mee af.



LEES OOK: Groot skade toe veteraan motor in ongeluk betrokke is

Related Articles

Back to top button