Local newsNews

Dié Anker is ‘n sportman deur en deur

Die atleet van Hoërskool die Anker se hele lewe draai om sport.

Deon Bouwer (15) ‘n Anker leerder, het op 4 April ‘n goue medalje gewen in die 1 500m hindernis item tydens die Suid-Afrikaanse hoërskole atletiekkampioenskappe wat in die Paarl plaasgevind het.

Die atleet is ‘n man van vele talente en speel ook rugby, sewes rugby, doen landloop en het krieket gespeel, maar moes dit laat staan weens skedule-botsings.

Sport is Deon se grootste fokus, en daarna om sy akademie op standaard te hou. In atletiek beoefen hy die 300m hekkies, 1 500m, 800m en 400m items, en sy gunsteling is die 800m omdat dit meer spoed as uithouvermoë verg.

Sy grootste inspirasie vir ‘n geruime tyd was Usain Bolt, maar noudat sy belangstelling meer in die langafstand items lê is dit Wayde van Niekerk.

Deon se volgende doelwit is om by ‘n atletiek klub aan te sluit, en uiteindelik hoop hy om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Op akademiese vlak is Deon tevrede met sy punte. Sy gunsteling vak is lewensoriëntering, vir die fisiese aspek.


LEES OOK: Crime and winter: ‘Criminals are not afraid of the cold’


Sy ma is sy grootste ondersteuner, en sy maak seker dat hy in die aande sy huiswerk doen, al is hy moeg geoefen.

As geld, vermoë of geleenthede dit toegelaat het, sou Deon ‘n dokter wou word sodat hy ander kan help om hul beste self te wees.

Vir die res van die wêreld vertel hy graag, “Volg net julle drome en moet nie bekommer oor wat ander van jou dink nie.”

Vir oefening hardloop Deon lang afstande, en doen hy ‘n bietjie ‘spoedwerk’ soos hy dit stel. Hy het gedurende die week rugby, atletiek en landloop afrigting, en op naweke hardloop hy elke dag 5km.

Die vreemdste oefenmetode wat Deon al moes doen was om met gewigte in die hand te hardloop en sy beste tyd is twee minute in die 800m.


LEES OOK: Post office SPAR owners retire after 45 years in the business

Related Articles

Back to top button