Local newsNews

VLU lede skerp vaardighede op

Die lede het raad van 'n beoordelaar met baie ondervinding ontvang.

LEES was Dinsdag aan die orde van die dag by die VLU Brakpan-tak maandelikse vergadering.

Die lede het die korrekte manier geleer om gebreide stukke aan mekaar vas te werk, en wat die korrekte tegniek is om knope aan kledingstukke te werk.

Die demonstrasie is aangebied deur die tak se beoordelaar, Barbara Steenkamp, met die doel om die lede se vaardighede op te skerp vir beoordeling.

Die lede is ook steeds druk besig met hulle I-can blikkies, en ook om kompetisie-artikels af te handel en verbeter voor hulle dit kan inskryf vir die kongres wat in Augustus plaasvind.



LEES OOK: Become a Santa Shoebox volunteer

LEES OOK: Gloomy weather doesn’t dampen fun walk

Related Articles

Back to top button