Local newsNews

Brief: Morsjors laat vullis in park

Daardie persoon moet lesse gaan vat by die mense wat probeer om die dorp skoon te hou.

Erna de Villiers van Brakpan-Sentraal skryf per e-pos:

Ek wil graag die mense wat deesdae oral te sien is en wat besig is om die dorp skoon te maak bedank.

In die 40 jaar wat ek al in die dorp bly het dit nog nooit so sleg gelyk nie. Nou sien ek daar is darem mense wat probeer om ’n plan te maak.

Ek het hulle gesien toe ons die hittegolf gehad het. Hulle het in daardie baie warm son gewerk.

Ek is nie seker wie dit is nie, maar daardie mense verdien lof.

Tog maak dit my ook hartseer om te sien dat daar steeds mense is wat dink dit is reg om te mors en soos varke te bly.

Ons huis is oorkant ‘n park wat nie te sleg lyk nie. Saterdagoggend het daar ‘n ou met ’n wit kar gestop en drie sakke vuilgoed uitgegooi en weggery.

Ek was net te laat om my foon te kry anders sou hom afgeneem het. Dit is mos net nie aanvaarbaar nie. Ons huishulp en my man het die goed gaan optel.

Dit was ‘n spul bierblikke, wegneemete houers en sigaretstompies. Daardie ou moet lesse gaan vat by die mense wat probeer om die dorp skoon te hou.

Duidelik het hy ‘n slegte opvoeding gehad.



LEES OOK: Long-serving SAPS member retires

LEES OOK: Lifts at Tweedy Park broken again

Related Articles

Back to top button