Brief: Weldoener koop Paaseiers vir kinders

Marietjie Steyn skryf per e-pos:

Marietjie Steyn skryf per e-pos:

Sondag in Sherwood Pick n Pay was daar ‘n jong man wat ‘n medalje verdien. Ek en my man was gou daar om ’n paar goedjies te kry en daar was ‘n vrou met twee jong kinders.

Hulle het by die Paaseiers gestaan maar ons kon aflei dat sy dit moontlik nie kon bekostig nie.

‘n Jongerige man, wat hulle ook opgemerk het, het nader gestap en vir die kinders gesê hulle kon vat wat hulle wou.

Die vrou het eers skamerig nee gesê maar toe ingestem.

Die man het ‘n R200 noot vir haar gegee en gesê sy moet vir die kinders se Paaseiers betaal en nog iets van die kleingeld kry.

Wat ’n mooi voorbeeld van so ‘n jong man.

Die vreugde op die twee kindertjies se gesigte het ek en my man se dag gemaak. Daar is nog goeie mense in ons samelewing.



LEES OOK: Simpatie vir dapper vrou

LEES OOK: Drank word verkoop ten spyte van inperking

Exit mobile version