Local newsNews

Boeremark is ‘n fees vir die hele gesin

Die bekende geleentheid is nooit 'n teleurstelling nie.

Die maandelikse Boeremark by die Brakpan Garden and Pet Centre het Saterdag allerlei interessante stalletjies gebied om te besoek en aan vermaak vir die jonger besoekers was daar ook nie ‘n tekort nie.

Alpaca’s klimrame en ‘n springkasteel het die kinders besig gehou terwyl ouers gekyk het na onder andere boerseep, suurdeeg brood, ingelegte slakke en “Boba”, oftewel borreltee soos dit in Afrikaans bekend is.

Sommige van dié wat die mark bygewoon het, het selfs hul troeteldiere saamgeneem om die dag te geniet.


Related Articles

Back to top button