Drie leerders van Laerskool Brakpan-Oos gaan vandag (Vrydag) en môre (Saterdag) aan die Gauteng Atletiekkampioenskap deelneem by Boksburg Stadion.
Die leerders is gekies na hul sukses by die D5-kampioenskap. Hulle is Kyle de Beer (o13 diskus), Mekayla Mans (o10 1200m) en JT Mienie (o12 hoogspring).